Ons kerklike "bouers" voordat hier nog sprake van 'n Gereformeerde kerk was.
Foto van PA Venter en eggenote. Die jongste kind wat hier saam met haar ouers verskyn was gestrem. Uit die testament (testament uittreksel aan einde bygevoeg) blyk dit ook duidelik dat hy aan haar by die opdeel van sy grond 'n heelwat groter gedeelte gegee het.
Grafsteen van PA Venter se graf-Geboren en het jar 1822 den 8 Zebtewber....
|
Kyk na nog foto's en verdere beskrywings aan die einde van die bladsy...
|
PA VenterPetrus Albertus Venter is op 8 Sept 1822 in die distrik Colesberg gebore. Tree op 25 Januarie 1841 in die huwelik met Catharina Petronella (nooi Venter geb. 6/7/1825)) Uit hierdie huwelik is twaalf kinders gebore. PA Venter is op 6 Sept. 1876 (twee dae voor sy verjaarsdag) in die distrik Pretoria oorlede. (Sien grafstene). Sy eggenote is op 16 September 1896 oorlede op die plaas Leeuwfontein, die “stigtingsplaas” van die Gerf. kerk Pretoria. Hulle oudste seun Petrus Jacobus Venter (gebore 15/7/1843) was getroud met Maria Jacoba Sophia Holtzhasuen, oudste dogter van RJ Holtzhasuen wat die eerste “rietkerk” gebou het toe ds.Dirk Postma in April 1859 die eerste erediens in hierdie omgewing van Pretoria gelei het, naby die Pienaarsrivier.
|
Die beginjare
...En zullen wij nog spreken over andere twisten en verdeeldheden b.v. over den twist of men al dan niet de Evangelische Gezangen in de kerk mag gebruiken? Neen, wij zullen hierover niet spreken, want overtuigen kunnen wij de menschen toch niet en wij hebben te veel liefde en achting voor sommigen, ja velen hunner, dan dat wij hun tot ergernis zouden willen verwekken. Wij weten zeer goed dat de braven en welgezinden onder hen de pogingen verfoeijen, die men zegt dat door sommigen aangewend worden, om eene scheuring in onze kerk te maken, door een Predikant te ontbieden die geen gezangen zingt. Wij vreezen dus niets voor het ijdele pogen van sommige kwaadwilligen onder hen en vermanen hen ernstig stille te zijn en in liefde en vrede met ons vereenigd te blijven. Leeft zoo allen in liefde en vrede, want waar liefde en vrede wonen gebiedt de Heer zijn Zegen. Denkt toch niet dat de zaligheid aan de Synode verbonden is en nog veel minder aan het zingen van enkel Psalmen. Bouwt uwe zaligheid op een anderen grond; bouwt haar op Gods genade in Jezus Christus onzen Heer (Rom.3:L24; Eph.2:8)...Dan vervolg dit verder deur die vraag te vra- Zal de boosheid der menschen tegen ons zijn? Vreest niet! De arm der boosheid tegen Gods dienaar opgeheven, zinkt alleen op zijnen wenk mat en krachteloos neder. Zullen de twist en verdeeldheid, de wanorde en tweedracht, die monsters uit het diepste der hel gebraakt en deze aarde tot een voorportaal der helle zelve makende, zullen zij tegen ons zijn? Geen nood, zoolang Hij nog leeft die tot een stormwind kan zeggen: Wees stil! en tot de opgeruide golven: Tot hiertoe en niet vêrder; geen nood, zoo lang Hij nog leeft, die licht uit de duisternis kan scheppen en die den stikdonkersten nacht in den helderste dag kan veranderen en uit het kwade het goede kan doen te voorschijn komen... Dit wat u hierbo lees was die begin van kerklike vure in en om Pretoria. Dit het gekom uit Potchefstroom, op 27 Desember 1855 uitgegee as “Eene stem uit Mooirivier” geskrywe met die hand van ds. Dirk van der Hoff. Hierdie redelik lang geskrif handel in hoofsaak daaroor dat die Transvaalse kerk (latere Nederduitsch Hervormde kerk) dit baie duidelik wou maak. dat hulle op geen wyse bereid is om onder die Kaapse NG sinode te staan nie. Hoe hulle hulleself as selfstandige kerkorganisasie wou handhaaf was in verskeie punte (nie minder nie as 8) daarop ingestel om hierdie selfstandigheid te behou. Dit was opgestel as deel van die verrigtinge van ’n Algemene kerkevergadering. waar hierdie uitlating teenoor medegelowiges werklikwaar ’n goedgekeurde uitlating van amptelik kerklike weë was. Om teenoor medegelowiges wat nie gesange wil sing nie stil te bly word deur PA Venter nie goed ontvang nie. Spoedig kom daar dan ook ’n netjies getikte geskrif van die hand van PA Venter aangebied as “Eenig antwoord op zeer schryven getiteld ‘De stem van Mooirivier’ door PAV. Uit oortuigings soos hierdie was dit eintlik reeds duidelik lank voor 1859 dat daar op die kerklike weg soveel ongelukkigheid bestaan dat kort voor lank, ook in Pretoria, die “Doppers” soos PA Venter hulle nie laat stilmaak het nie. Al was hulle gewond en geslaan soos Venter dit self ervaar het- Venter maak in hierdie antwoord op verskeie wyses meer as net sy baadjie oop want in sy hart ervaar hy dat hierdie “eene fabelachtige beschuldiging te zyn jegens diegenene, welke de gezangen niet zingen...” Venter verhaal verder hoe hulle al by die aankoms van “den W.Eerw. Heer. D. Van der Hoff hebben wy als lidmaten van Christus het onzen plicht geacht, met onze zwaarmoedige harten voor den Kerkeraad te verschynen, hen bescouwende als gezanten Christi en pilaren en dienaars Gods, om de zielen der onwetenden en der bedrukten te bezorgen, maar in stede van ons te verlichten, was zulks alles te vergeefsch, wy worden integendeel gewond en geslagen...”Om alles wat wy ondervonden hebben te beschryven, zal te omslagtig worden; echter wil ek tog die wonde aanwezen...” Hierdie wonde word dan as volg in Uittreksel 1 beskryf. Die antwoord wat Van der Hoff aan Venter gegee het toe hy (Venter) nog in Zoutpansberg was word weer opgehaal, want bly dit vir Venter onmoontlik om te aanvaar dit wat Van der Hoff se anwoord van die begin af was- De Psalm Davids zyn te kortkomend; ja, zy zyn te kortkomend. Van der Hoff se stem van Mooirivier het Venter net nog meer verslae veral oor Van der Hoff en die Algemene vergadering se uitlating dat “overtuigen kunnen wy die menschen toch niet. (Die afdruk hierbo is dan ook ‘’n nuwe deel op hierdie Venter-stem). Ziet hier die taal van Leeraar en Kerkenraad. Hoe geheel anders was integendeel de taal der Profeten en Apostelen. Deze menschen hebben nooit voor eenig mensch behoeven te zwygen... Die uitdrukking van Van der Hoff dat “wy hebben te veel liefde en achting voor sommigen, ja velen hunner” het Venter oor hierdie tipe liefde as volg geantwoord- “over deze liefde zal ik niet te veel uitwyden, daar ons Judas als een voorbeeld kan voorgesteld worden, terwyl wy ons Joab kunnen voorstellen, zynen broeder omhelsende, om hem te kussen, maar hem tevens het zwaard door het hart dryft. Voorwaar eene schooner liefde waar het einde zoo van geweest is... (Uittreksel 3 en 4) Waar Van der Hoff in 1855 al hierdie mense in hierdie stem uit Mooirivier tot skeurmakers verklaar het antwoord die stem uit Pretoria hom as volg- (Uittreksel 5) Met hierdie aanloop tot die geskiedenis van die Gereformeerde kerk Pretoria is daar duidelike bewyse van spanning en kerkvervreemding nog lank voor daar van Gereformeerde kerkstigting sprake was. PA Venter wat dan ook later beskou word as eerste ouderling vir Pretoria het in eenvoud kon aantoon die stryd en seer wat daar in hulle bestaan het wat eintlik niks anders wou doen as om net te wil sing dit wat hulle geglo het van die Here af kom. Die seer agter hierdie stem het wel die kerklike gemeenskap na aanleiding van die stem uit Mooirivier “bedank” en dit sou nog langer as drie jaar neem voor hulle gehelp sou kon word, maar dat daar uit die omstreke ook van Pretoria ’n duidelike roepe was om kerk te wees sonder om Gesange te sing was miskien vir baie ‘’n stem roepende in die woestyn na die stem van Mooirivier maar hulle was bereid om te wag op wat sou kom...al het hulle hulself ook daarvoor beywer... . |
Uittreksel 1
Uittreksel 2
Uittreksel 3 en 4 moet saamgelees word.
Uittreksel 5
|
Twee bostaande "plate" van die akte van afskeiding moet saamgelees word.
Hier volg dan die oorspronlike van hierdie skeidingsakte soos in eerste notule opgeteken in die handskrif van ds. Dirk Postma.
|
"Afskeiding" en stigtingBy die stigting van die Gereformeerde kerk Rustenburg in Februarie 1859 was daar nie minder nie as 29 persone uit die distrik Pretoria teenwoordig. Daar was 14 broeders en 15 susters uit hierdie distrik, die meeste met die van “Van der Merwe”. Die meeste van hierdie 29 het waarskynlik vir ds. Dirk Postma reeds die eerste week in Januarie ontmoet toe ds. Postma op 8 Januarie 1859 die eerste keer in Pretoria aangekom het. In sy dagboek nog oppad na Pretoria het Postma al op 5 Jan 1859 aangeteken dat hy begin het om ’n kerkorde te ontwerp want skryf hy...”soos dit vir my lyk, dinge waarskynlik daarop sal uitloop dat ek, in die apostoliese sin van die woord, die kerk hier sal moet stig...” Dit was profetiese woorde...Postma en Van der Hoff het wel nog op 9 Januarie 1859 saam die Nagmaalsdienste in Pretoria waargeneem. Die volgende dag se vergadering het die paaie begin skei, wat beslis nie maar net die gevolg van die sing van Gesange was nie. Wêreldwye geestestrominge wat in Liberale humanisme voortdurend die mens en sy stem en sy wil en sy keuses en sy denke en sy kontraktuele genootskap en sy reglemente en wette voorop wou stel het eenvoudig heeltemal in die gemoedere en in die geloof van mense wat lankal al “Doppers” genoem was, begin oorkook. Vir hierdie “Doppers” was die uitwasse soos drywende stompe wat by die vassteek en ophoping daarvan die dam van hulle geloof eenvoudig laat breek het. Die gesange was eintlik maar die laaste druppels van ’n wêreldvloed waarin hulle nooit wou sáám swem nie. Al was Napoleon en die Franse Rewolusie in baie opsigte die oorsaak van dit alles en al het hierdie boeremense van die Franse Rewolusie nie veel kon weet nie, het hulle tog kon onderskei dat dit wat die rewolusiegees direk op hulle laat afspoel, het nie meer met die sinode en besluite van Dordrecht 1618/19 en met die 16de eeuse Reformasie, wou reken nie. Pretoria is dan ook die plek waar die breekpunt op 11 Januarie 1859 die eerste keer die heel duidelikste na vore gekom het, tydens die Algemene Hervormde kerk wat in Pretoria gehou was[1]. Hierdie Pretoria-vergadering dra die getuienis van hoe jare lange stryd, maar dan veral rondom die sing van Gesange op die spits gedryf was. Uit Hervormde geledere ten spyte van die besware en allerhande pogings tot kompromie is daar nog steeds besluit “dat die kerkelijke inrigting zooals die tans hier bestaat met hare Evangelische Gezangen, zal blijven bestaan en gehandhaafd worden. Dit was die begin van ’n daadwerklike skeiding want op 12 Januarie 1859 het 15 broeders ’n skeidingsakte by hierdie vergadering in Pretoria ingehandig en het op hierdie wyse gemeenskap met die Nederduitsch Hervormde kerk opgesê. Hierdie akte wat op 11 Januarie 1859 opgestel is lees as volg- (Sien afdruk van "plate" bo links en ook die afskrifte van die oorspronklike notule oor hierdie gebeure in die handskrif van Dirk Postma- Ter wille van die historiese waarde van bg. 15 broeders se verklaring word dit dan ook oorspronklik aangebied soos geskrywe in 1859- ’n Vrije Gereformeerde kerk word reeds deur hierdie vyftiental broeders veronderstel en sou die toneel presies ’n maand later na Rustenburg verskuif dan is die werklikheid van hulle veronderstelling onder ’n aantal seringbome op ’n reëndag opnuut vir 310 gelowiges verwesenlik. Die ontstaan van die Gereformeerde kerk Rustenburg op 10 en 11 Februarie 1859 is dus onlosmaaklik aan hierdie vooraf gebeure van hierdie 15 broeders in Pretoria verbind. Die begin van bediening, ook vir Pretoria, vanuit ’n kerk wat vry wil wees om weer aan Dordrecht gebind te wees, het vanuit Rustenburg begin. Dieselfde naweek van kerkstigting in Rustenburg is daar reeds sprake van om in die afsonderlike distrikte ook vrye kerk van die Here te wees. Hierdie handelinge soos deur die heel eerste skriba HS Stroh gehou was lees letterlik as volg- “Intusschen worden voor het distrik Mooirivier een ouderling Ph. Schutte en eenen diaken Venter tot diaken aangesteld en voor het distrik Pretoria die broeders by provisie om den Leeraar ook daar te assisteren....” Die feit van kerk-wees en om ware Vrije Gereformeerde kerk te wees was nie net tot Rustenburg beperk nie, al was Rustenburg die eerste saamkomplek van mense oor die grense van verskeie distrikte wat eintlik oor die hele ZAR versprei was. Dit wil voorkom of daar reeds by die gebeure in Rustenburg eintlik ’n sterk saak uitgemaak is dat nie noodwendig die staatkundige verdeling van distrikte in die ZAR ook die kerklike verdeling van distrikte moet wees nie. Daar is aan Dirk Postma opgedra om hierdie verdeling op die beste wyse na sy oordeel te bewerk Rustenburg was egter gesien as die sentrum van De Gereformeerde Kerk in de Zuid-Afrikaansche Republiek en het die vergadering op 16 April 1859 dan Postma se aanspraak aanvaar- “Zonder partijdigheid of besondere voorliefde, oordeel ik toch, naar mijn inzicht, dat het billik is, dat ek Rustenburg vooreerst moet verkiezen tot mijn woonplaats en vandaar uit de Kerk door heel de Republiek bediene, omdat ik Rustenburg voor onzen tegenwoordigen werkkring het beste middelpunt acht... Postma vervolg hierdie aanspraak deur ook die broeders van Rustenburg te reken as deel van hulle wat God voorsien het en wat met die Volksraad reeds die nodige verlof kon ontvang om Rustenburg as sentrum te behou. Die vergadering wat Rustenburg as beste middelpunt beskou was 10 dae nadat Postma weer in distrik Pretoria was, maar nou as predikant van die afgeskeidenes die distrik Pienaarsriver en Klipriver besoek het. Hierdie besoek heel aan die begin van April (4-11 April 1859) was in vele opsigte merkwaardig- Postma se dagboek word woordeliks nagegaan- “Den 4den trok ik verder, nu weer met het ossewagen , om naars Pienaarsrivier te reizen, in eene Noordoostelijke richting van Kliprivier. (Nu krijg ik ook Magaliesberg weer in ’t gezicht en verheug mij hem te zien, want hoewel ik daar nog geene aardsche banden heb, daar, over dien berg heb ik toch mijne meeste gedenkteekenen, mijn Bethels en mijn Pniels. Ook ben ik nu weer geheel gesond.) Den eersten nacht blijven wij bij twee zeer oude doch lieve vrienden en houd daar godsdienst over 2 Kor. 4 en 5:1-10 en den tweede nacht te Pretoria, logies bij den Veldcornet, ook onzen vriend en houd in dien avond nog godsdienst over Hand.4. (Dezen en den volgenden dag zit ik gelukkig weer op een paard). Den 6den preek ik daar eerst nog vóór ons vertrek over Matt.26:66 en verreizen daarna, vernachtende dien nacht bij een ouden vader in Christus en houd daar godsdienst over Jes.35. Den 7den passeer ik Pienaarsrivier en kom behouden en geheel gesond nog vóór den middag op de kerkplaats aan. Twee ouderlingen vergezellen mij nu. Ph Schutte, mijn getrouwe medegesel te paard en de ander met zijn wagen en familie. En hier zie ik heeft de broeder voor zijn huis een groote rieten kerk gemaakt, ook een dak van diezelfde stof. Welk een arbeid voor ééne zoodanige gelegenheid! Welk eene liefde! Mijn hart word week en vol , terwijl ik daar binnen treed, om in zijn huis te gaan. O zeg ik in mijn hart, dat ons Neerlandsche volk bedenke zijne voorrechten en ze meer dankbaar gebruiken! In dien avond houd ik godsdienst over Jes.54. ... Op die 9de April is daar ’n ouderling en diaken verkies wat tydens die voorbereidingsdiens bevestig is. Die verkiesing van hierdie kerkraad (al was dit net twee lede) word in hulle terme as die stigting van die gemeente in Pretoria beskou [1]Dit was die agtste Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde kerk. |
Na alle waarskynlikheid verskyn op hierdie foto die oudste seun van PA Venter genaamd Petrus Jacobus Venter (geb.15 Jul 1842/43-sy seuntjie Rudolph Johannes Venter staan tussen bene van sy pa) wat met die oudste Holsthuizen dogter (heel links- Maria Jacoba Sophia- gebore 21 Junie 1844) van RJ Holsthuizen (latere Holtzhausen) getroud was. (Getroud op 31 Aug.1861.) Hiermee is die verband tussen die eerste ouderling van Pretoria-PA Venter- en eerste diaken van Pretoria -RJ Holsthuizen- gesmee. PA Venter het die grond by Holsthuizen oorgeneem in die tyd wat RJ Holsthuizen op die Dorslandtrek gegaan het... Petrus Venter (oorlede 16 Nov 1915 te Pretoria -ouderdom 73) en Maria (oorlede 19 Apr 1911 te Pretoria -ouderdom 66) het blykbaar net twee kinders gehad - die seuntjie Rudolph soos reeds na verwys en agter hulle verskyn moontlik hul oudste kind, 'n dogter baie ouer as haar broertjie nl. Susanna Francina Johanna. Die ander manspersone op hierdie foto is moontlik ander jonger seuns van PA Venter. Moontlik is hulle Hendrik Johannes Venter en Jacobus Daniel Venter.
|
UITTREKSEL UIT DIE TESTAMENT VAN CATHARINA PETRONELLA VENTER OPGESTEL OP 25 OKTOBER1889...(Die gestremde dogter Martha Elizabet is duidelik sigbaar)
De kwart of omtrent kwart van de plaats of grond genaamd Leeuwfontein gelegen aan de overzijde van de spruit die door de plaats loop word met toestemming van al de andere kinderen of erfgenamen aan Martha Elizabet Venter toegekend omdat zij gebreklik is. |

Hier volg 'n beskrywing uit akte toe plaas aan Rudolf Holsthuisen toegeken is- Beskrywing van plaas sien as volg daaruit-
....de Plaats genaamd Leeuwfontein geleegen aan den noorde zyde van MagaliesBerg aan den ander zyde van MagaliesBerg van daar oostwaarts 25 minuten aan de lyn van K.Minnaar. West waarts 18 minuten aan de lyn van F.
Sm(e)it. Zuid Waarts 25 minuten aan de lyn van F van den Berg, NoordWaarts 32 minuten aan de lyn van R.Minnaar. By die opskrif "Door welke water bevogtigd- staan daar die kort inskrywing- Door een fontyn bevogtigd...Destantie van de nasten dorp- omtrent 18 uuren te paard van Rustenburg.
....de Plaats genaamd Leeuwfontein geleegen aan den noorde zyde van MagaliesBerg aan den ander zyde van MagaliesBerg van daar oostwaarts 25 minuten aan de lyn van K.Minnaar. West waarts 18 minuten aan de lyn van F.
Sm(e)it. Zuid Waarts 25 minuten aan de lyn van F van den Berg, NoordWaarts 32 minuten aan de lyn van R.Minnaar. By die opskrif "Door welke water bevogtigd- staan daar die kort inskrywing- Door een fontyn bevogtigd...Destantie van de nasten dorp- omtrent 18 uuren te paard van Rustenburg.